PDK Kickboxing & MMA

Sensei Brandt het vir ons die volgende nuusbrokkies rakende gebeure in die Nelspruit XKT area deurgestuur:

“PDK Kickboxing & MMA:

Op Vrydag aand 22 Februarie het ek en my studente deelgeneem aan GFC1 cage fighting event en uitstekend presteer. Sensei Pieter het deelgeneem en syfight gewen in 3rde rondte met n “leg triangle choke” en het ook die toekenning gekry vir “fight of the night” en Bowen Kruger(13)  het sy opponent in die 2de rondte uitgeslaan en Boela le Roux(13) ‘n nuwe student het sy opponent ook grond toe geslaan in amper einde van die 2de rondte en het gewen met ‘n TKO. Wikus Ludeke het ook deelgeneem,  maar veloor met “tap out” en Charlise Ludeke het ook verloor met “tap out”.  Maar haar fight was net grappling gewees.

Lowveld Fightclub:  
Studente van die Laeveld het aan ‘n “fun” toernooi deelgeneem by Shihan Pat-hulle. Die wenners is beslis op ‘n round-robin manier. Die uitslae is as
volg. In hakkies sy klub naam.

Lindie Ehlers – Brons (Nelspruit)
Yolandi le Roux – Silver (Nelspruit)
Zelia van der Zee – Goud (Nelspruit)
James Goosen – Goud (Nelspruit)
Anerike Jacobs – Goud (Nelspruit)
RC Jacobs – Goud (Nelspruit)
Marcus Rieffler – Brons (Nelspruit)
Francois Labuschagne – Silver (Barberton)
Dyllan Klaasen – Brons (Barberton)

Groete
Brandt.”

Namens die bestuur en al die lede van XKT in Suid Afrika wens ons julle geluk met jul goeie prestasie en is verseker dat ons nog baie meer goeie nuus van julle kant af sal kry.

To all the other clubs: Ensure that your news articles are submitted for inclusion on the website.

Comments are closed.